Selfverstaan
Selfverstaan

Ons unieke geskiedenis toon dat ons teologiese verstaan Bybels Reformatories gebly het. Dit is met die uitbeweeg onder die dwingelandy van die NHKA se onskriftuurlike besluite dat ons selfverstaan ten opsigte van gemeentes en sinodale bande noodgedwonge verander het. Daar is geen dwingelandy in die GHG nie; ons ag mekaar gebonde aan die Bybel, die Belydenisse en die Formuliere van Eenheid.....

So Glo Ons
So Glo Ons

KERNWAARHEDE 
1. Die Bybel is die Woord van God:
• In lyn met Artikel 2 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, glo ons dat God se openbaring in sy Woord genoegsaam is vir ons saligheid. 
• Die Bybel is deur God geïnspireer en dra daarom 'n gesag wat bo enige menslike insigte en wysigings uitstyg...

.

Geskiedenis van die Geloofsbond
Geskiedenis van die Geloofsbond

Ons sien onsself as Hervormers en as die ware voortsetting van die Voortrekkerkerk. Lees meer oor die geskiedenis en ontstaan van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes.

Hierby staan ons, dit kan nie anders nie:
Tree ons weg, tree ons uit die ware LIG.
Tree ons terug, versaak ons die WAARHEID.
Tree ons uit, verloor ons die LEWE.

.

Dagstukkie

GHG

OORDENKING

8 Mei

Ons het so gehoop ...

Lukas 24:13-35

Menslike hoop is ’n baie bedrieglike saak. Dit gaan byna sonder uitsondering oor iets wat ons self wil hê, iets wat moet gebeur, of iets wat ons dink nodig is. Die vertrekpunt van menslike hoop is altyd ons eie sondige harte.

Die twee Emmausgangers is ontsteld en hartseer wanneer hulle huis toe loop ná Jesus se kruisiging en opstanding, Hulle gee ook vir Jesus die rede waarom hulle so bedroef is: “... ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos.” Hulle het op daardie stadium nog nie verstaan dat Christus ’n geestelike koninkryk gevestig het nie. Hulle was vasgevang in alledaagse sake, want hulle het aan ’n politieke verlossing vir Israel gedink. Hulle het eers beter verstaan nadat Hy saam met hulle gestap het en aan hulle al die tekste verduidelik het.

Hoe moet ons hoop verstaan? Mag ons hoop hê en waarvoor moet ons hoop? Dit is baie menslik om te hoop vir alledaagse sake. Dit is ook nie verkeerd om graag iets te wil hê nie. Die vraag is egter altyd wat ons vertrekpunt en ons doel is. Wat sal dit ons baat om vanuit ons sondige harte te hoop vir alledaagse sake? Dan hou ons onsself meer en meer met aardse sake besig, en watter ewigheidswaarde het dit?

Deur die geloof in Christus moet ons hoop gevestig wees op God, en ons aandag en ons ywer moet die verkondiging van die Evangelie dien. Ons moet ons lewens so inrig dat ons kan hoop om werklik tot Gods eer te lewe.

Ds. Tharina Steenkamp, Stella-Vryburg-Goede Hoop kombinasie

Lewensbrood - (CC BY-NC-ND)

GHG

Teken in op ons poslys

Koersvas is 'n amptelike mondstuk van die GHG waarin kerknuus en aktuele sake aangespreek word. Die Skietlood is die mondstuk van die GHG waarin dieper geestelike sake aangespreek word.

Stuur 'n epos aan [email protected] om in te teken.