Selfverstaan
Selfverstaan

Ons unieke geskiedenis toon dat ons teologiese verstaan Bybels Reformatories gebly het. Dit is met die uitbeweeg onder die dwingelandy van die NHKA se onskriftuurlike besluite dat ons selfverstaan ten opsigte van gemeentes en sinodale bande noodgedwonge verander het. Daar is geen dwingelandy in die GHG nie; ons ag mekaar gebonde aan die Bybel, die Belydenisse en die Formuliere van Eenheid.....

So Glo Ons
So Glo Ons

KERNWAARHEDE 
1. Die Bybel is die Woord van God:
• In lyn met Artikel 2 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, glo ons dat God se openbaring in sy Woord genoegsaam is vir ons saligheid. 
• Die Bybel is deur God geïnspireer en dra daarom 'n gesag wat bo enige menslike insigte en wysigings uitstyg...

.

Geskiedenis van die Geloofsbond
Geskiedenis van die Geloofsbond

Ons sien onsself as Hervormers en as die ware voortsetting van die Voortrekkerkerk. Lees meer oor die geskiedenis en ontstaan van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes.

Hierby staan ons, dit kan nie anders nie:
Tree ons weg, tree ons uit die ware LIG.
Tree ons terug, versaak ons die WAARHEID.
Tree ons uit, verloor ons die LEWE.

.

Dagstukkie

GHG

OORDENKING

26 April

Die belangrikste

1 Korintiërs 15:1-11

Oraloor word daar na gelang van die mens se behoeftes, begeertes en eise gedans. Ook in die kerk het die mens, natuurlik ten koste van God, al meer na die middelpunt geskuif. Die inrigting van ’n erediens moet lekker en menslik gesproke stimulerend wees. Die boodskap wat van die “verhoog” af oor die luidsprekers deur ritmiese musiek gedra word, moet strelend en tog net nie konfronterend wees nie. Terwyl ’n mooi lewenslessie darem voorwaar die spyker op die kop slaan.

Wanneer Paulus aan die gemeente in Korinte skryf, som hy die kern van die evangelie op deur te sê: Die belangrikste is dat Christus vir ons sondes gesterf het en uit die dood opgewek is. (verse 3-7)

Verder verwys hy ook na die genade wat Christus, selfs aan die geringste onder ons, bewys. Dit word duidelik dat die gelowige wat hierdie reddende boodskap van ons Verlosser hoor en glo, met ywer, uit dankbaarheid tot eer van God sal leef en werk.

In die kerk sowel as in ons dag tot dag bestaan, kan ons onsself met allerlei fieterjasies besig hou. Ons kan selfgerig en selfsugtig leef en die boodskap van God slegs gebruik om ons eie ruggies te streel.

Die boodskap van Christus se offer en die redding vir die wat glo, moet egter ons hele lewe in beslag neem en verander tot Sy eer.

Mag ons begeertes en behoeftes voor God buig.

Ds. Frans Marais, Grootvlei / Roedtan

Lewensbrood - (CC BY-NC-ND)

GHG

Teken in op ons poslys

Koersvas is 'n amptelike mondstuk van die GHG waarin kerknuus en aktuele sake aangespreek word. Die Skietlood is die mondstuk van die GHG waarin dieper geestelike sake aangespreek word.

Stuur 'n epos aan [email protected] om in te teken.