Dagstukkie
Dagstukkie
Dagstukkie
OORDENKING
Vrydag 9 Oktober
Wagters op die mure
Paulus se liefde vir die Here het gemaak dat hy baie opgeoffer het en bereid was om deur diep waters te gaan. Sy lewenstaak was om mense met die suiwer Evangelie van God se liefde en genade te bedien sodat hulle gered kan word (vers 24). Wanneer hy nie meer daar is nie, moet die gelowiges wat agterbly, jaloers waak oor die kosbare evangelie, en soos wagters op die mure op die uitkyk wees vir die vyande van die Evangelie wat die geloofskring wil binnedring om gelowiges met onwaarhede te kom verlei (vers 28).
Hierdie taak is die hoof-opdrag aan die ouderlinge, maar as die ouderlinge nie die Woord van God bestudeer nie, sal hulle nie weet wanneer die duiwel die geloofsgemeenskap binnegesluip het nie. Daarom moet ouderlinge (Γ©n elke gelowige) hulle verdiep in die studie van die Bybel, en dit nie as vanselfsprekend aanvaar dat elke predikant elke keer wanneer hulle die preekstoel bestyg, die Evangelie suiwer sal verkondig nie. Wanneer hulle onraad vermoed, moet hulle ook die moed van oortuiging openbaar om dit uit te wys. As dit nie gebeur nie, gaan ongeloof die stryd wen.
Ds. Gawie Wolmarans, Potchefstroom-Die Wilge
ππ’π©π¬π¬π£π°ππ¬π«π‘ π³ππ« βπ’π―π³π¬π―πͺπ‘π’ ππ’πͺπ’π’π«π±π’π° Lewensbrood 2026 - (CC BY-NC-ND)
