Missie

Missie

Missie

Missie

Die Geloofsbond van Hervormde gemeentes het ten doel om samewerking tussen selfstandige gemeentes te fasiliteer en bevorder. Die GHG erken die outonomiteit van alle gemeentes as selfstandige verskyningsvorme van die "een heilige algemene kerk, gegrond op die leer van die apostels". Die Bond erken dat daar sake is wat nie maklik deur die plaaslike gemeente behoorlik hanteer kan word nie. GHG skep die ruimte vir gemeentes om hulle roeping uit te leef, sonder om as Bond self 'n afsonderlike grootheid te wil word.
GHG sien leersake, akkreditasie van predikante, teologiese opleiding, Kerkordelike reëlings, administrasie, kommunikasie en onderlinge ondersteuning as sake van gemeenskaplike belang. GHG skep daarom werksruimtes waarbinne verkose persone aan hierdie sake aandag kan gee. Voorstelle word by wyse van konsensus aanvaar en word dan deel van gemeentes se werkswyse. Gemeentes is outonoom in die sin dat:

  • gemeentes nie meer melkkoeie is om 'n topswaar instituut finansieel regop te hou nie.

  • die gemeente die plek is waar die kerk sigbaar is, werk en diensbaar word.

  • oormatige voorskrifte van meerdere vergaderings ons nie verstrengel tot 'n onbeweeglike struktuur nie.